1 dood, 2 beseer in botsing buite Bfn

1 dood, 2 beseer in botsing buite Bfn

Een mens is dood en twee ernstig beseer in ’n noodlottige botsing
Saterdagaand laat op die N8 by Thaba Nchu buite Bloemfontein.

Netwerk24 berig die ongeluk het omstreeks middernag gebeur toe ’n Audi teen ’n polisievoertuig gebots het.

Die bestuurder van die Audi is op die toneel dood verklaar. Sy passasier
en die bestuurder van die polisievoertuig is in ‘n kritieke toestand.

Die omstandighede om die ongeluk is nog onbekend en sal deel uitmaak van die polisie se ondersoek.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Be the first to comment on "1 dood, 2 beseer in botsing buite Bfn"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This