LUR SE ONTPLOOïNG MAAK LANDBOU ‘ONSTABIEL’

Rosestad 100.6 Mosebenzi Zwane

Die voormalige LUR vir Landbou in die Vrystaat, Mosebenzi Zwane, is as lid van die parlement ingesweer.

Die adjunk-speaker van die parlement, Lechesa Tsenoli, het Donderdag die aankondiging in Kaapstad gedoen.

Zwane was onder meer verantwoordelik vir die ontwikkeling en implementering van die kontroversiële Vrede Suiwelprojek, wat belastingbetalers reeds R 190 miljoen uit die sak gejaag het.

‘n Verslag deur die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, word binnekort verwag nadat sy ondersoek na die projek ingestel het.

Zwane was onlangs deur die Vrystaatse premier, Ace Magashule, vir ‘n tweede termyn aangewys as LUR vir Landbou in die Vrystaat.

roy jankielsohn 3Die Demokratiese Alliansie sê die herontplooïng van Zwane gaan nie keer dat Zwane verantwoordbaar gehou word vir die sukkelende projek nie.

Die DA se leier in die wetgewer, Roy Jankielsohn, sê die herontplooïng in die Vrystaatse regering vorm deel van Magashule se strategie om sy greep van mag in die provinsie te hou.

“Dit het Ace Magashule maande geneem om die pos van LUR vir Landbou te vul. Nou is Zwane weereens ontplooi parlement toe. Dit laat landbou in ‘n baie onstabiele situasie,” sê Jankielsohn

Dit is onseker wie die nuwe LUR vir Landbou gaan wees en waaneer die premier ‘n aankondiging in die verband sal doen.

Luister klankgreep:

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This