Die leier van die ANC in die Wes-Kaap, Khaya Magaxa, sê die voormalige leier van die DA, Helen Zille, moet onmiddellik as die provinsie se premier bedank.
Zille is gister uit die DA geskors hangende die uitslag van môre se dissiplinêre verhoor. Magaxa sê Zille geniet nie meer die vertroue van die DA en die kiesers in die Wes-Kaap nie.
Hy sê sy het geen ander keuse as om te bedank voordat sy uit die DA en die provinsiale regering geskop word nie.