5-verdieping-gebou ineengestort in Lagos: dodetal tot 30 gestyg

5-verdieping-gebou ineengestort in Lagos: dodetal tot 30 gestyg

Die dodetal het tot 30 gestyg nadat ‘n vyf-verdieping-gebou vroeg Dinsdagoggend in Nigerië se grootste stad, Lagos, ineengestort het.

Volgens die land se nasionale noodbestuur-agentskap is 13 mense wat onder die puin vasgekeer was, tot dusver gered.

Die eienaars van die gebou is intussen aangesê om hulle binne 24 uur by die polisie aan te meld.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Be the first to comment on "5-verdieping-gebou ineengestort in Lagos: dodetal tot 30 gestyg"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This