6 MANS IN HOF VIR MOORD OP DA-LID

6 MANS IN HOF VIR MOORD OP DA-LID

Ses mans wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op die DA-raadslid, Johannes Baatjies, en sy sakevennoot, sal na verwagting vandag in die Postmasburg-landdroshof verskyn.

Die 49-jarige Baatjies is op 17 Augustus op die pad tussen Danielskuil en Postmasburg doodgeskiet gevind.

Sy vennoot, Shuping Nosi, is ook geskiet en is later in die hospitaal oorlede.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This