Aanklagte teen 17 banke op tribunaal se webwerf

Aanklagte teen 17 banke op tribunaal se webwerf

Die Mededingingstribunaal het die aanklagte teen 17 banke vir samespanning op sy webwerf beskikbaar gestel.

Die Mededingingskommissie het ’n saak van samespanning teen die banke, waaronder Absa, Standard Bank en Investec, vir vervolging na die tribunaal verwys.

Netwerk24 sê in ‘n ondersoek is bevind dat die banke van minstens 2007 af ’n algemene ooreenkoms gehad het om saam te span met verhandelings in die dollar-rand-wisselkoers.

Intussen sê ‘n voormalige bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse Sakekamer, Kevin Wakeford, banke wat na bewering by samespanning betrokke was, het van die armes gesteel en moet strafregtelik aangekla word.

Hy het jare gelede al banke daarvan beskuldig dat hulle doelbewus die rand se waarde verminder.

Wakeford sê die land het meer banke nodig, omdat groter mededinging tot minder samespanning sal lei.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Be the first to comment on "Aanklagte teen 17 banke op tribunaal se webwerf"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This