Aansoek vir likwidasie teen OP Rugbymaatskappy ingedien deur Sarpa

Aansoek vir likwidasie teen OP Rugbymaatskappy ingedien deur Sarpa

Die Suid-Afrikaanse Rugbyspelersvereniging (Sarpa) het ’n aansoek vir likwidasie teen die OP Rugbymaatskappy ingedien.

Dit volg nadat spelers en personeel vir maande lank geen salarisse ontvang het nie.

Die aansoek sal egter nie die Southern Kings se deelname aan die Superrugbyreeks raak nie, aangesien die Suid-Afrikaanse Rugbyunie verlede maand die bedryf van die franchise oorgeneem het.

Intussen gaan die Oostelike Provinsie Rugby-unie môre sy jaarvergadering by die Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth hou nadat dit verlede jaar uitgestel is.

Daar word bespiegel dat heelparty OP-klubs ‘n mosie van wantroue teen die president, Cheeky Watson, gaan instel omdat hulle hom met Despatch-klub se president, Willem Oliphant, wil vervang.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This