AfriForum gaan hof toe oor Grace Mugabe

AfriForum gaan hof toe oor Grace Mugabe

AfriForum sê hy berei voor om hof toe te gaan om die toestaan van diplomatieke immuniteit vir die Zimbabwiese presidentsvrou Grace Mugabe ongedaan te probeer kry.

Die departement Internasionale Verhoudinge het dit gister toegestaan nadat ‘n Johannesburgse model, Gabriella Engels, Mugabe daarvan aangekla het dat sy haar verlede naweek in ‘n hotel in Sandton met ‘n verlengkoord aangeval het.

Kallie Kriel van die burgerregte-organisasie sê die Suid-Afrikaanse regering het die slagoffer in die steek gelaat met sy besluit om iemand te beskerm wat van ‘n geweldsmisdaad aangekla word.

AfriForum gaan intussen môre sy verslag en ‘n dokumentêr oor die onlangse brande aan die Tuinroete bekend stel.

Woordvoerder Reint Dykema sê die bekende forensiese ondersoeker David Klatzow het ‘n onafhanklike ondersoek gedoen na die oorsake van die brande.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This