ANC se hoofsweep vermis

ANC se hoofsweep vermisDie ANC se hoofsweep in die Vrystaatse wetgewer, die 67-jarige Neels van Rooyen is as vermis aangemeld, maar die polisie vermoed in dié stadium nog geen vuilspel nie.

Netwerk24 berig dat Van Rooyen van Fleurdal in Bloemfontein vroeg Sondagoggend laas gesien is.

Hy het sy selfoon en beursie agtergelaat en sy verloofde – wat onder die indruk was dat hy gaan stap het – het hom gister by die Parkweg-polisiekantoor as vermis aangegee.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This