ANC se leierskap in KZN is onwettig verkies

ANC se beleidskonferensie begin laatFoto: eNCA

Die Hooggeregshof in Pietermaritzburg het beslis dat die ANC se leierskap in KwaZulu-Natal onwettig verkies is.

Die hof het die uitslag van November 2015 se verkiesing nietig verklaar nadat ANC-raadslid Lawrence Dube en vier ander raadslede die saak aanhangig gemaak het.

Hulle het beswaar gemaak teen die vervanging van die voormalige premier, Senzo Mchunu, deur Sihle Zikalala as provinsiale voorsitter.

Die hof het hulle betoog bekragtig dat die verkiesing ongerymd en bekook was.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This