ANC-takke in Xhariep-distrik steun Ramaphosa, Manyoni

Daar word verwag dat die meerderheid van die ANC-takke in die Xhariep-distriksmunisipaliteit in Suid-Vrystaat openlik sal verklaar dat hulle die kamp van adj.pres. Cyril Ramaphosa steun.

‘n Aankondiging dat soveel as 19 uit die 20 ANC-takke in die Xhariep-distriksmunisipaliteit Manyoni steun, kan moontlik Dinsdag tydens nuuskonferensie gemaak word.

Thabo Manyoni, Vrystaatse ANC-ondervoorsitter, sal die provinsiale ANC-voorsitter, Ace Magashule, om die leierskap uitdaag.

Shakes Mphako van die Ramaphosa-en Manyoni-kamp en voorsitter van die
ANC-tak in Smithfield het aan Netwerk24 gesê 17 van die 20 takke is reeds bereid om openlik te verklaar dat hulle op die nuuskonferensie by Ramaphosa en Manyoni sal skaar.

Die ANC-leierskapskonferensie wat 10 tot 13 Augustus in Parys sou plaasvind, is uitgestel sodat die oudit van takke voltooi kan word.

Die ANC in die Vrystaat se woordvoerder, sê datums vir die provinsiale konferensie is nog nie bekend nie, maar dit sal voor die nasionale konferensie in Desember plaasvind.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This