Berry gaan glo skuld beken

Die mede-eienaar van die gewilde jaarlikse Mev. Styl Bloemfonteinkompetisie, Lizette Berry, gaan glo op die 166 aanklagte van bedrog teen haar skuld beken.

Netwerk24 berig haar verhoor in die Bloemfonteinse streekhof is tot later vandeesmaand uitgestel, glo omdat die staat en haar regspan onderhandel oor ’n pleitooreenkoms.

Sy word daarvan aangekla dat sy die prokureursfirma Schoeman Maree-prokureurs in Bloemfontein, waar sy die afgelope 12 jaar as senior boekhouer gewerk het, uit sowat R8 miljoen  bedrieg het.

Sy is laat in verlede jaar na bewering uitgevang en in November ontslaan.

Haar borgtog van R10 000 is verleng.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This