Bestuurskrisis by openbare uitsaaier

Die sogenaamde SAUK-agt het kommer uitgespreek oor die bestuurskrisis by
die openbare uitsaaier.

Die joernaliste is verlede jaar afgedank omdat hulle hulle uitgespreek het teen politieke sensuur, waarna die Arbeidshof gelas het dat hulle weer aangestel moet word.

Die groep skryf in ‘n ope brief aan die Parlement hulle vrees dat ‘n herkapingsproses gaan plaasvind en sê hulle is bereid om te staak aangesien hulle nie die spraakvryheid wil verloor wat hulle onlangs eers herwin het nie.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This