Bfn bordeel-saak: 14 prostitute, 10 kliënte in hof

Bfn bordeel-saak: 14 prostitute, 10 kliënte in hofDie vermeende prostitute wat polisie in hegtenis geneem het. Foto: Netwerk24

Die 14 vermeende prostitute en hul 10 vermeende kliënte wat Sondagoggend na bewering op heter daad in ’n bordeel in Raymond Mhlabastraat in Bloemfontein betrap is toe die polisie daar toegeslaan het, het vlugtig in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

Netwerk24 berig hulle word voorlopig aangekla dat hulle ’n bordeel bedryf, ’n inkomste uit prostitusie gemaak, onwelvoeglike dade bevorder, onwelvoeglike dade gepleeg of onwettig seksuele dienste teen betaling gebruik het.

S.L. David, die aanklaer, het voor landdros Marlene Marais gevra dat hul formele aansoek om borgtog uitgestel word om borgtoginligting te kry.

Volgens hom het een van die vermeende kliënte, die 24­-jarige Jacques du Toit, asook sewe vroue en nog ses verdagtes wat Nigeriese burgers is, nie hul regte woonadres aan die polisie verskaf nie.

Hulle het glo gesê hulle woon in die bordeel in Raymond Mhlabastraat 26 (die ou Andries Pretoriusstraat).

Die staat wil ook seker maak dat al die Nigeriese burgers wettig in die land is.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This