Bfn kry ‘n erfenis leefstyl-sentrum

Bfn kry 'n erfenis leefstyl-sentrum

‘n Erfenis leefstyl-sentrum van miljoene rand word vir Bloemfontein beplan.

Die Dam van Trane en die Bron van Herinnerings-monument, vorm deel van die grond waarop’ n ontwikkelaar poog om toestemming vir ‘n ontwikkeling te kry.

Die beplande ontwikkeling van op die meer 23 000 hektaar kan uit onder meer ‘n inkopiesentrum, hotel, hospitaal en klein museum bestaan.

Een van die ontwikkelaars van die projek, Christo Nienkemper, het aan Netwerk24 gesê die terreine sal opgegradeer word sonder om afbreuk aan die historiese erfenis te doen.

Nienkemper sê die Dam van Trane en die Bron van Herinnering sal as kosbare skatte behou word met wandelpaadjies daarheen.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This