Bfn sonder krag en store by Tempe brand

Bfn sonder krag en store by Tempe brandTempe. Foto: Verskaf

Groot gedeeltes van Bloemfontein ervaar tans ‘n kragonderbreking nadat ‘n hoofkraglyn vanoggend glo skielik onklaar geraak het.

Rosestad Nuus het verneem dat Waverley, Estoire, Oranjesig, Westdene, Hospitaalpark, Langenhovenpark, Ooseinde, Heidedal, Hamilton en dele
van Fichardtpark en Bayswater sonder eektrisiteit is.

’n 32 KVA-lyn wat die noordelike kraglyn van elektrisiteit voorsien, het glo onklaar geraak en dit is nie seker hoe lank herstelwerk sal neem nie.

Tegnici van die elektrisiteitverskaffer, Centlec, werk tans aan die probleem.

Intussen word motoriste in die Langenhovenpark, Tempe en Heuwelsig gevra om versigtig te bestuur nadat ‘n brand wat by store van die Tempe-basis onstaan het ‘n donker rook in dié gebied veroorsaak.

Die oorsaak van die brand is onbekend en brandweerdienste en brandslaners
probeer tans om die brand te blus.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This