Bfn-staking vandag voortgesit

"David van Rooyen kon nie eers een munisipaliteit bestuur nie" - Samwu

Dienslewering in Bloemfontein is gister die derde agtereenvolgende dag deur stakende munisipale werkers ontwrig nadat onderhandelings tussen die Mangaung-metro en die vakbond, Samwu, ’n dooiepunt bereik het.

Die stakers, wat teen korrupsie en nepotisme betoog, het voor die stadsaal voorwerpe aan die brand gesteek, vullis in die straat gegooi en paaie versper. Hulle is deur die polisie met donshael en traanrook uiteengejaag.

Die nasionale president van Samwu, Pule Molalenyane, sê die staking gaan vandag voortgesit word en dit sal voortduur totdat daar aan hul eise gehoor gegee word.

Rosestad 100.6 Cell C Smartdata

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This