Bfn verdrink in rioolvuil

PIKITUP STAKERS BESTROOI STRATE MET VULLIS

Die huidige munisipale staking beteken Bloemfontein verdrink tans in rioolvuil.

Netwerk24 berig volgens DA-raadslid Rossouw Botes stroom klagtes in sedert die staking van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu).

Die Mangaung-metro het ’n tussentydse hofbevel van die arbeidshof in Johannesburg bekom wat beveel dat die stakers onmiddellik na die werkplek moet terugkeer, maar volgens Botes het dit nog nie gebeur nie.

Volgens Qondile Khedama: hoofbestuurder van kommunikasie van die Mangaung-metro, is van die stakers terug by die werk en sal die burgemeester, Olly Mlamleli, vandag die publiek inlig oor die pad vorentoe.

Pule Molalenyane, nasionale president van Samwu, sê egter die stakers is nog nie terug werk toe nie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This