Bfn vrou in hof oor dwelms

R2 miljoen se dwelms in vrou se bagasie gevind

’n Bloemfonteinse vrou sal na verwagting vandag in die Bloemfonteinse
landdroshof verskyn nadat sy Vrydag met die dwelmmiddels CAT en kokaïen
betrap is.

Netwerk24 berig die 20-jarige vrou is in ’n roetine-ondersoek in ’n supermark in die middestad in hegtenis geneem.

Volgens kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, het sy dwelmmiddels ter waarde R10 000 in haar besit gehad.

Volgens Marope verskyn die vrou vandag op aanklag van dwelmhandel in
die landdroshof.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This