Bloemfonteinse glanspersoonlikheid oorlede

Bloemfonteinse glanspersoonlikheid oorlede

Huldeblyke en medelye stroom van oral in vir die Bloemfonteinse glanspersoonlikheid Jana du Plessis, wat deur die nag aan komplikasies van kanker in die Medi-Clinic Bloemfontein oorlede is.

Du Plessis het diep in die harte van Bloemfonteiners gekruip met nie net haar veggees teen haar siekte nie, maar ook haar betrokkenheid by kanker-werk sowel as kanker-bewusmaking.

Sy word oorleef deur haar man, Ian, en kinders Zandri, Zehan en Nikki.

Begrafnis-reëlings is nog nie bekendgemaak nie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This