Botha-moordsaak uitgestel

Die saak teen drie beskuldigdes in die moord op die Carte Blanche-regisseur Johann Botha en die eienaar van die Zebra Inn in Johannesburg, Swazi Werner, is in die plaaslike landdroshof tot 12 September uitgestel.

Die twee is in Junie in die kuierplek in Maboneng doodgeskiet.

Thembi Mbatha‚ Nkosiyazi Phungula en Ntobeko Hlatshwayo staan tereg op aanklag van moord, gewapende roof en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Die Staat wag nog op selfoonrekords en lykskouingsverslae.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This