Brittanje se onttrekking aan EU begin Maandag

Brittanje se onttrekking aan EU begin Maandag

Brittanje en die Europese Unie het bevestig dat formele onderhandelings oor Brittanje se onttrekking aan die Europese Unie Maandag sal begin.

Die aankondiging is gedoen deur Brittanje se Brexit-sekretaris, David Davis, en die EU se hoof-onderhandelaar, Michel Barnier, ná voorlopige samesprekings deur amptenare in Brussel.

Gisteraand se aankondiging volg nadat daar twyfel was of die geskiedkundige onderhandelinge wel op die 19de sou begin nadat die eerste minister, Theresa May, se Konserwatiewe Party in die onlangse verkiesing sy partementêre meerderheid verloor het.

Die onderhandelinge moet teen middernag op 30 Maart 2019 afgehandel wees wanneer Brittanje hom formeel aan die EU sal onttrek.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This