Suid-Afrika se snelbouler, Chris Morris, is op die Indiese Premierliga se veiling van spelers in Bangalore vir net meer as ‘n miljoen dollar, oftewel byna R16 miljoen, deur die Delhi Daredevils gekoop.
Hy was gister weggelaat vir Suid-Afrika se eendagwedstryd teen Engeland in Port Elizabeth.
Morris het reeds voorheen in die IPL vir die Rajasthan Royals en die Chennai Super Kings gespeel.
Die hoogste prys van 1,4 miljoen dollar is deur die Royal Challengers Bangalore vir Shane Watson van Australië betaal.
Geen aanbod is vir Hashim Amla en die NieuSeelandse topkolwer, Martin Guptill, gemaak nie.