Coligny: EFF hou protes-optog na polisiekantoor

Coligny: EFF hou protes-optog na polisiekantoor

Die EFF sê hulle verwag dat meer as 5 000 mense vandag aan die party se protes-optog na die polisiekantoor op Coligny in Noordwes sal deelneem.

Dit is om te betoog teen die landdros se beslissing om borgtog toe te staan aan die twee wit mans wat beskuldig word van die moord op die 16-jarige Matlhomola Moshoeu.

EFF-woordvoerder Papiki Babuile sê die party se leier, Julius Malema, sal ook teenwoordig wees en ‘n memorandum sal aan die provinsiale polisiekommissaris oorhandig word.

Rosestad 100.6 Cell C Smartdata

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This