Dale Steyn is terug na skouerbesering

Dale Steyn is terug na skouerbesering

Suid-Afrika se voorste bouler, Dale Steyn, is weer reg nadat hy lank met ’n skouerbesering gesukkel het.

Hy het die naweek in ‘n wedstryd vir die Westelike Provinsie Krieketklub teen St. Augustine in Claremont vyf paaltjies vir 13 lopies ingeoes.

Die Proteas se afrigter, Russell Domingo, het vroeër gesê hy hoop om Steyn beskikbaar te hê vir die drie komende T20-wedstryde teen Australië.

Die eerste van dié kragmetings is Vrydag in Durban.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This