Droogte al hoe erger in VS

Droogte al hoe erger in VS

Die versengende droogte het nog nie sy wurggreep in die Vrystaat verslap nie en die weerkantoor het tans geen goeie nuus vir landbou in die provinsie nie.

Toni Rossouw van die weerdiens in Bloemfontein het aan Netwerk24 gesê daar is nie goeie vooruitsigte vir Vrystaatse boere vir die res van die seisoen nie.

Geïsoleerde buie reën kan hier en daar voorkom, maar dit sal net plek­plek wees.

In die Noordoos­-Vrystaat lyk die vooruitsigte beter en Bethlehem en Harrismith se boere behoort taamlik goeie reën te kry.

Volgens Rossouw is die vooruitsigte vir volgende jaar se reënseisoen baie beter en begin die uitwerking van die sterk El Niño nou verswak.

Dit kan egter tot ses maande duur voordat die stelsel se invloed heeltemal weg is.

Die weerburo verwag’ n taamlik matige winter wat nie baie koud sal wees nie.

Dit is slegte nuus vir veral boere op Bultfontein en Brandfort, wat tans van droogteskenkings afhanklik is.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This