Duitsland: Vlae hang halfstok na Kohl se dood

Vlae in Duitsland hang halfstok nadat ‘n voormalige kanselier, Helmut Kohl, gister in die ouderdom van 87 jaar oorlede is.

Hy het Duitsland van 1982 tot 1998 gelei en sal onthou word as die man wat Wes- en Oos-Duitsland herenig het ná die val van die Berlynse muur.

Kohl se politieke loopbaan het in 1998 ná ‘n skandaal oor onwettige politieke skenkings tot ‘n einde gekom.

Die voormalige Amerikaanse president, Bill Clinton, het in 2011 vir Kohl as die belangrikste Europese staatsman sedert die Tweede Wêreldoorlog bestempel.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This