Eskom wil ou kernkragprojek weer oorweeg

Eskom wil ou kernkragprojek weer oorweeg

Die kragvoorsiener Eskom het aangedui dat hy `n kernkragprojek wat `n paar
jaar gelede geskrap is, weer kan oorweeg.

Die moontlikheid dat die korrelbedreaktor-projek weer oorweeg kan word, is by die Afrika-nutsweek in Kaapstad geopper.

Na jare van navorsing en miljoene rand in staatsgeld is die projek in 2010 geskrap toe geen beleggers gevind kon word nie.

Eskom se hoof-kernkragamptenaar, Dave Nicholls dink dat kernkrag die enigste langtermynoplossing in die land is.

Rosestad 100.6 Cell C Smartdata

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This