Force verloor plek in Super Rugby

Force verloor plek in Super Rugby

Die Australiese Rugbyunie het bevestig dat die Force volgende jaar sy plek in die Superreeks verloor.

Dit volg nadat die beheerliggaam sy arbitrasiesaak teen die Wes-Australiese Rugbyunie gewen het.

Die reeks word met drie spanne verklein, met die Cheetahs en die Kings van Suid-Afrika wat ook uitval.

Die Wes-Australiese unie het egter nie die besluit aanvaar nie en oorweeg dit om die kwessie na die Hoërhof te neem.

Nog rugbynuus is dat die Suid-Afrikaanse skolespan gereed maak vir die begin van die onder 19-internasionale reeks teen Wallis vanmiddag op die veld van die Paul Roos-gimnasium op Stellenbosch.

Dit is die eerste van drie kragmetings. Suid-Afrika se afrigter, Lance Sendin, beskou die Walliesers as ‘n sterk span.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This