Forum gestig “vir studente déúr studente” by Kovsies

Forum gestig "vir studente déúr studente" by KovsiesDie 4 studente wat die forum bekend gestel het. Foto: Netwerk24

’n Forum vir studente wat nie ’n stem op die Kovsie-­kampus het nie, is gistermiddag deur vier studente op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat bekendgestel.

Die forum, Unity – different but the same, is die idee van Aat Lindeque, Omolola Botsane, Martinique Ferreira en Lionel Mangali, almal studente aan die universiteit.

Dit volg op spanning op die kampus die laaste tyd.

Ferreira, ’n tweedejaarstudent in sielkunde, sê dié forum is vír studente déúr studente wat in diversiteit en eenheid op die kampus wil saamleef en deur die forum die kampus wil opbou pleks van afbreek.

Intussen stel AfriForum Jeug ’n volledige verslag op oor studente wat die laaste weke op die kampus deur geweld geraak is.

Marike van As, AfriForum Kovsies se kampuskoördineerder, het aan Netwerk24 gesê die verslag, wat ruimte bied vir studente om hul verhale te vertel, word deur ’n prokureur opgestel om te verseker dat alle gevalle aangemeld word.

Studente met klagtes word aangemoedig om ’n e­-pos na kovsies@afriforum.co.za te stuur sodat dit deel van die verslag kan vorm.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This