GASTE BY LODGE AANGEVAL, BEROOF DEUR 3 ROWERS

GASTE BY LODGE AANGEVAL, BEROOF DEUR 3 ROWERS

Drie gewapende rowers het in die vroeë oggendure gaste van Botswana by ‘n lodge in Tzaneen in Limpopo in hul kamer oorval, vasgebind en beroof.

‘n Vrou is ook met ‘n vuurwapen oor die kop geslaan.

Maroela Media berig dat die rowers eers ‘n sekuriteitswag vasgebind het voordat hulle by die hoofgebou ingebreek en die spaarsleutels vir die kamers gekry het.

Die rowers het ses televisiestelle, twee selfone en sowat R10 000 se kontant uit die gastekamers gesteel voordat hul met een van die gaste se dubbelkajuit-Toyota-bakkie weggejaag het.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Be the first to comment on "GASTE BY LODGE AANGEVAL, BEROOF DEUR 3 ROWERS"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This