GASTEHUISE GEWAARSKU TEEN SWENDELAARS

GASTEHUISE GEWAARSKU TEEN SWENDELAARS

Gastehuise in die Vrystaat word gewaarsku om lig te loop vir swendelaars wat hulle as belangrike ANC-lede voordoen en verblyf bespreek net om eienaars uit geld te bedrieg.

’n gastehuis-eienaar in Heilbron is ingeloop toe ‘n sogenaamde lid van die ANC in Bloemfontein verblyf vir 12 mense vir tien dae lank vir sowat R70 000 wou bespreek.

Die swendelaar wou toe weet of die gastehuis ’n SEB-sertifikaat het en het aangebied om die eienaar daarmee te help.

Albert Els het bykans R4 000 vir die sogenaamde sertifikaat in ‘n rekening betaal, maar die swendelaars is daarmee vort.

Netwerk24 berig daar was ook ’n inbetaling van ’n gastehuis in Harrismith en die eienaar van dié gastehuis het bevestig sy is op soortgelyke wyse ingeloop.

Die mans is glo baie oortuigend en het die ANC se ware adres in Bloemfontein gebruik om die gastehuiseienaars te mislei.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This