Gavin Wingrave in hospitaal na plaasaanval

Gavin Wingrave in hospitaal na plaasaanval

Die sakeman van Mpumalanga wat in Augustus van moord aangekla is nadat hy homself teen ʼn aanvaller verdedig het, is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy gisteraand voor sy vrou op ʼn plaas aangeval is.

Drie onbekende verdagtes het die 51-jarige Gavin Wingrave by sy huis
ingewag.

Sy vrou, Nadine, is ongedeerd.

Wingrave is verlede maand in hegtenis geneem op aanklag van moord nadat hy ʼn aanvaller uit selfverdediging met ʼn mes doodgesteek het.

Dit is nie seker of die twee voorvalle met mekaat verband hou nie.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die Witrivier-polisie ondersoek die aanval.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This