GM onttrek ook uit Indië en Rusland

Die motorvervaardiger General Motors het benewens Suid-Afrika ook uit ander lande soos Indië en Rusland onttrek.

General Motors het gister aangekondig dat sy vervaardigingsaanleg in die land te einde van die jaar sal sluit.

Isuzu sal General Motors se aanleg in Struandale en sy onderdele-verspreidingsentrum oorneem.

Isuzu koop ook GMSA se 30% belang in die Isuzu-vragmotoraanleg in Port Elizabeth. Henry Roux van Imperial GM, wat ‘n handelaar van Chev, Isuzu en Opel is, sê egter die Bloemfontein-tak sal voortgaan om by die diensvoorwaardes van kliënte na te kom.

Roux sê volgens wetgewing is handelaars verplig om die voertuie se onderdele aan te hou en diensooreenkomste te gehoorsaam.

Rosestad 100.6 Cell C Smartdata

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This