Hofaansoek teen minister gaan voort

Hofaansoek teen minister gaan voort

Die hofaansoek teen die minister van Minerale Hulpbronne, Mosebenzi
Zwane, oor die inhoud van regulasies vir die ontginning van skaliegas in die
Karoo, gaan vandag voort in die hooggeregshof in Grahamstad.

Die aansoek is deur die boere van die Oos- en Wes-Kaap ingedien.

Hulle hou vol dat dit onwettig was vir Zwane se voorganger, Ngoako Ramathlodi, om die regulasies vir hidrobreking te onderteken terwyl die inhoud grootliks oor die omgewing gehandel het.

Volgens hulle moes die minister van Omgewingsake die regulasies onderteken
het aangesien omgewingsbewaringsoorsigte in 2013 van die departement van
Minerale Hulpbronne weggeneem is.

Die huidige bepalings is in 2015 onderteken.

Rosestad 100.6 Cell C Smartdata

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This