Ian du Plessis bedank almal vir die ondersteuning

Ian du Plessis bedank almal vir die ondersteuning

Die Bloemfonteinse glanspersoonlikheid Jana du Plessis, se eggenoot, Ian du
Plessis, het Bloemfonteiners bedank vir hul ondersteuning en medelye met haar afsterwe vanoggend in die Medi-Clinic Bloemfontein.

Die 37-jarige Du Plessis het haar elfjaar lange stryd teen kanker verloor.

Sy het diep in die harte van Bloemfonteiners gekruip met nie net haar veggees teen haar siekte nie, maar ook haar betrokkenheid by kanker-werk sowel as kanker-bewusmaking.

Sy word ook oorleef deur haar kinders Zandri, Zehan en Nikki.

Begrafnis-reëlings is nog nie bekendgemaak nie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This