Inwoners van Knysna moet dringend water spaar

Inwoners van Knysna moet dringend water spaar

’n Beroep is op inwoners van Knysna ​gedoen om dringend water te bespaar.

Volgens die munisipaliteit het die dorp nog net water vir 23 dae, en indien water nie vinnig bespaar word nie, kan indringende maatreëls, soos beurtwater, moontlik ingestel word.

Knysna se hoofwaterbron, die Akkerkloofdam​, is slegs 34­% vol en die Glebedam minder as 5%.

Intussen sê die uitvoerende burgemeester van die Mangaung­-metro, Thabo Manyoni, dat die metro se watervoorsiening daagliks gemonitor word en daar is op die oomblik genoeg water, maar nié vir die toekoms nie.

Mayoni sê die munisipaliteit kry weens die droogte en die waterbeperkings in dié stadium net 58% van sy normale voorraad rou water.

Die metro se 43 wateropgaartenks is egter gemiddeld 80% vol.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This