JAGGER JR NO.5 VIR MICK (73)

Rosestad 100.6 Nuus Jagger Jr no5 vir MickMick Jagger (73), wat 'n agterklein-kind het, het wéér pa geword.

Rollings Stones se Mick Jagger het op 73-jarige ouderdom wéér pa geword.

Dit is Jagger agste kind, en sy lewensmaat Melanie Hamrick (29) en die nuweling seuntjie sterk glo goed aan in ‘n hospitaal in New York.

Die nuweling, wie se naam nog nie bekend is nie, kan spog met vyf klein-nefies en -niggies wat almal jonger as hy is (hulle oom is sopas gebore).

Die jong-Jagger sal ook ‘n twee-jarige maatjie hê wat sy pa se eerste agterklein kind is (sien Jagger se stamboom[bos] onder).

Jagger en Hamrick is sedert 2014 lewensmaats, kort na die dood van sy eerste en jarelange lewensmaat, L’Wren Scott.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This