Joe Venter word in Bfn ter ruste gelê

Joe Venter word in Bfn ter ruste gelê

Een van Bloemfontein en die land se bekendste sportskrywers, Joe Venter,
word vandag in die Rosestad vanuit die NG Kerk Bloemheuwel ter ruste gelê.

Die 83-jarige Venter is Vrydagaand twee dae voor sy verjaardag na ‘n lang siekbed weens komplikasies van bloedklonte en onreëlmatige hartritme oorlede.

Die oud-sportredakteur van Volksblad, Frikkie van Rensburg, het in ‘n huldeblyk Venter se bydraes deur die jare vir sport op plaaslike en nasionale vlak geloof.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This