Kabinetskommeling: Zuma het nog nie redes gegee nie

Kabinetskommeling: Zuma het nog nie redes gegee nie

President Jacob Zuma het teen laat gistermiddag nog nie die redes en rekord
aan die DA vir sy kabinetskommeling verskaf nie.

Die DA se federale voorsitter, James Selfe, sê die party gaan op ’n dringende grondslag ’n hofaansoek bring om vir Zuma te dwing om dit te verskaf.

Wanneer regter Bashier Vally Zuma se aansoek om verlof tot appèl aanhoor, sal die DA se aansoek terselfdertyd aangehoor word.

Die datum vir die aanhoor van die aansoek om verlof tot appèl is nog nie bekend gemaak nie.

Zuma het Woensdag hofstukke ingedien waarin hy vra om te appelleer teen Vally se bevel van verlede Donderdag.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This