Die voormalige MotoGP-kampioen Nicky Hayden is dood nadat hy verlede week in die ooste van Italië op sy trapfiets deur ’n motor getref is.
Die 35-jarige Nicky Hayden,die MotoGP-kampioen in 2006, het ernstige borsbeserings en breinskade in die ongeluk opgedoen.
Die Amerikaner, ook bekend as “The Kentucky Kid”, het op sy trapfiets langs Italië se Adriatiese See geoefen toe die ongeluk gebeur het.