Klag teen onderwyser wat seun glo rondgeruk

Klag teen onderwyser wat seun glo rondgeruk

’n Klag van aanranding word teen ’n onderwyser van die Martie du Plessis­-skool in Bloemfontein ondersoek nadat hy na bewering ’n gr. 5-­leerling hardhandig rondgeruk het omdat hy nie sy huiswerk voltooi het nie.

Die ouers van die 13-­jarige seun aan die skool vir spesiale leerlinge het Vrydag ’n klag by die polisie ingedien.

Intussen het die skool berading vir sowel die leerling as sy ouers gereël.

Karin Smit, voorsitter van die skool se beheerliggaam, sê die voorval word deur die Vrystaatse onderwysdepartement ondersoek.

Marius Janse van Rensburg het namens dié skool gesê die klagte is reeds intern hanteer en dat die betrokke ouers nie tevrede was met die uitkoms nie.

Hy het bygevoeg die ouers is welkom om formele prosedures te volg om hul griewe te lug.

 

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This