Klopjag uitgevoer op beweerde misdaadsindikaat huis

Klopjag uitgevoer op beweerde misdaadsindikaat huis

Die polisie in Port Elizabeth het beslag gelê op vervalste internasionale paspoorte en identiteitsdokumente, polisieboeie, ’n plasmaskerm-TV en buitelandse geldnote toe hul gister ’n klopjag uitgevoer het op ’n huis in KwaDwesi waaruit ’n misdaadsindikaat glo bedryf word.

‘n Polisiewoordvoerder, Mncedi Mbombo, sê ’n polisie-uniform, ’n jaggeweer en ‘n aantal patrone is ook gekonfiskeer.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Be the first to comment on "Klopjag uitgevoer op beweerde misdaadsindikaat huis"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This