Kommer oor publiek se wantroue in nuwe OB

Kommer oor publiek se wantroue in nuwe OB

Die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het haar kommer uitgespreek
oor die publiek se wantroue in haar kantoor.

Mkwebane sê sy is bewus van persepsies dat sy ‘n spioen en ‘n handpop is.

Die DA was die enigste party in die Parlement wat Mkhwebane se benoeming as opvolger vir Thuli Madonsela teengestaan het.

Die party het aangevoer dat sy vir die staatsveiligheidsagentskap gewerk het.

Mkhwebane sê sy wil ‘n toevlug vir armes en randeiers wees en sal die volgende twee maande gebruik om provinsies te besoek en mense bewus te maak van die werk wat haar kantoor doen.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This