Liebenberg vereer vir bydrae tot kultuur

Liebenberg vereer vir bydrae tot kultuur

Die bekende Bloemfonteiner wyle Otto Liebenberg is een van vier mense uit
die sentrale streek wat vanaand eretoekennings van die Bloemfonteinse
Afrikanerkultuurraad gaan ontvang vir hul bydrae tot kultuur.

Netwerk24 berig Liebenberg, wat veral baie prominent was in die Afrikaanse kultuurkringe, word postuum vereer nadat hy in September verlede jaar ná ’n kort siekte oorlede is.

Hy het bykans 40 jaar by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum gewerk.

Die ander wat eretoekennings ontvang is Louis Bothma, Manie Wolfaardt en Jan Lambrechts.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This