Londen: Dodetal in brand styg tot 30

Die dodetal in Woensdag se brand in die 24-verdieping Grenfell Tower-woonstelblok in Londen het tot minstens 30 gestyg.

Betogings is intussen in Londen gehou met inwoners wat eis dat hulp onmiddellik gegee word aan die mense wat deur die brand geraak is.

‘n Woedende skare het buite ‘n saal byeengekom waar die eerste minister, Theresa May, van die oorlewendes ontmoet het en ‘n betoging is ook in Downingstraat gehou.

May het vyf-miljoen pond goedgekeur vir klere, kos en noodvoorrade.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This