“Magashule is nie so sterk nie”

"Magashule is nie so sterk nie"

‘n Politieke kenner meen dat die Vrystaatse premier, Ace Magashule, se
magsbasis nie so sterk is soos vyf jaar gelede nie, maar dat dit ook nie onmiddellik gaan verkrummel soos met die Noord-Kaapse premier Sylvia Lucas die geval was nie.

Netwerk24 berig volgens prof. André Duvenhage, politieke ontleder en navorsingsdirekteur aan die Noordwes-Universiteit, is Magashule nie so sterk soos vyf jaar gelede nie al het hy groot steun en stig hy nou oral in die Vrystaat ANC-takke.

Die ANC se Vrystaatse provinsiale kongres is in Augustus in Parys, wat volgens Duvenhage Magashule se bakermat is en tekenend is van iemand wat na sy magsbasis terugkeer wanneer hy onveilig voel.

Rosestad 100.6 Cell C Smartdata

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This