MAIMANE VRA MBETE OM SITTING VAN PARLEMENT TE BELê

MAIMANE VRA MBETE OM SITTING VAN PARLEMENT TE BELê

Die DA-leier, Mmusi Maimane, het die speaker, Baleka Mbete, amptelik gevra om ‘n sitting van die parlement te belê sodat die parlementêre ad hoc-komitee oor Nkandla se verslae herroep kan word.

Dit volg nadat die Appèlhof in Bloemfontein gister beslis het dat geen tweede of parallelle ondersoek ingestel mag word om die Openbare Beskermer se ondersoeke te toets of te troef nie.

Die regters het ook Madonsela se amp as ’n waghond bestempel wat nie gemuilband mag word nie.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Be the first to comment on "MAIMANE VRA MBETE OM SITTING VAN PARLEMENT TE BELê"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This