Manana-saak: ANC-kommissie doen eie ondersoek

Vroue aangerand deur adjunkminister

Die ANC se Integriteitskommissie gaan sy eie ondersoek doen na die adjunkminister van Hoër Onderwys, Mduduzi Manana, wat erken het dat hy ‘n vrou aangerand het in ‘n nagklub in Johannesburg.

Hy het gister in die Randburgse landdroshof verskyn op aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer, en is borgtog van R5000 toegestaan.

Die saak is uitgestel tot 13 September.

Die voorsitter van die kommissie, Andrew Mlangeni, sê die liggaam moet uitvind of die bewerings teen Manana waar is voor enige stappe teen hom gedoen kan word.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This