Mangaung lewer geen dienste na staking, vandalisme

Mangaung lewer geen dienste na staking, vandalisme

Die Mangaung-metro in Bloemfontein het die afgelope naweek glo geen
dienste gelewer aan belastingbetalers ná Vrydag se groot staking in die ingangsportaal van die Bram Fischer-munisipale gebou nie.

Netwerk24 berig die gebou is met vullis bestrooi en vandalisme was aan die orde van die dag.

Sowat 100 woedende amptenare het gestaak omdat hulle glo nie oortyd betaal is vir al die ure wat hulle gewerk het nie.

Tydelike werkers is ook nie vergoed nie.

Qondile Khedama, hoofbestuurder van kommunikasie, het Sondag gesê hy is nie bewus van die feit dat daar nie oor die naweek dienste deur die munisipaliteit gelewer is nie.

Volgens DA-raadslid, Rossouw Botes, was dit ‘n groot gesukkel met diensleweringsprobleme die naweek omdat niemand van die metro beskikbaar was om na probleme om te sien nie.

’n Betroubare bron in die Bram Fischer-gebou het bevestig daar was geen dienslewering nie en bygevoeg vandeesweek gaan inwoners met dieselfde probleem sit.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Be the first to comment on "Mangaung lewer geen dienste na staking, vandalisme"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This